Julius gooi vloermoer oor landdros in sy saak

Loading player...
Die leier van die EFF, Julius Malema het 'n vernietigende aanval op landdros Twanet Olivier van die Oos-Londense landdroshof in KuGompo City, Oos-Kaap, geloods. Hy het haar as onbevoeg beskryf en sê sy moet van wangedrag aangekla word. Malema het ondersteuners buite die hof toegespreek en die hof van vooroordeel en politieke inmenging beskuldig na sy vyf jaar vonnis vir oortredings van die Vuurwapenwet. Hy het ook die vervolgingspan gekritiseer en beweerde prosedurele wangedrag aangevoer. Hy het belowe die EFF sal nie ontmoedig word nie:
16 Apr 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min