Punjab Kings nou boaan die IPL

Loading player...
Die Punjab Kings het die Mumbai Indians met sewe paaltjies afgeransel, hul onoorwonne segetog voortgesit en is nou boaan die Indiese Premierliga se punteleer. Quinton de Kock het ʼn onoorwonne 112 van 60 balle behaal en bygedra tot Mumbai se 195 vir ses. Daarna het Prabhsimran Singh ʼn onoorwonne 80 van 39 balle aangeteken en deel ʼn vennootskap van 139 lopies met kaptein Shreyas Iyer. Dit het Punjab se oorwinning met 21 balle oor verseker. Iyer loof sy boulers wat Mumbai tot minder as 200 beperk het:
17 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min