Unam-inskrywings skiet die hoogte in

Loading player...
Nadat gesubsidieerde tersiêre onderwys vanjaar in werking getree het, het Unam sterk inskrywingsgroei aangeteken. Die totale inskrywing vir 2026 staan op net meer as 30 800 studente, 'n toename vanaf ongeveer 26 900 in 2025. Dit is opmerklik dat die eerstejaar-inname aansienlik gestyg het, van sowat 8 300 studente in 2025 tot ongeveer 11 700 in 2026, 'n toename van meer as 3 300 studente. Unam-woordvoerder Simon Namesho het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die universiteit, wat kapasiteit betref, stabiel bly
17 Apr 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min