Nsfaf-goedkeurings in spervuur, met aansoeke wat skerp styg

Loading player...
Klagtes stroom in oor Nsfaf-aansoeke wat sonder verduideliking afgekeur word, terwyl die spertyd vir registrasie by hoër onderwys-instellings besig is om te verstryk. Sommige studente is in koshuise en sê sonder die hulpfondse kan hulle nie betaal nie, wat hulle sal dwing om uit te trek, terwyl daar in die stad nie genoeg akkommodasie is nie. Volgens die fonds is die evalueringsproses steeds aan die gang, maar kon nie syfers verskaf oor hoeveel studente se aansoeke onsuksesvol was nie. Volgens Nsfaf is 50 069 aansoeke vir die 2026-akademiese jaar ontvang teenoor 41 322 aansoeke in 2025. Kosmos 94.1 Nuus het met Dorthea Nangolo, president van die Nasionale Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso gepraat.
20 Apr 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min