SAPD sê koerantberig stel informante in gevaar

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens kritiseer die Sunday Times wat uitgelekte beëdigde verklarings gepubliseer het wat verband hou met ondersoeke na dwelm-verwante misdaadnetwerke in die land. Die koerant het ʼn beëdigde verklaring van ʼn gewilde platejoggie gepubliseer wat ʼn sluipmoordpoging oorleef het en wat verband hou met dwelmhandel in die nagklub-bedryf. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die publikasie van uitgelekte verklarings, veral dié wat besonderhede bevat van getuies, informante en bewyse, stel die veiligheid en lewens van mense wat na vore gekom het, in groot gevaar:
20 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min