Statistieke Suid-Afrika sê die jongste data oor siviele sake vir skuld toon gemengde tendense. Die aantal siviele dagvaardings wat vir skuld uitgereik is, het met 2,5-persent gedaal in die drie maande tot Februarie in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Siviele vonnisse vir skuld het egter met 1,9-persent toegeneem. Vhonani…
Die Chennai Super Kings is vyfde op die Indiese Premierliga se punteleer ná ʼn oortuigende oorwinning van 103 lopies oor die Mumbai Indians. Dis hul grootste punteverskil ooit in die kompetisie. Sanju Samson het ʼn onoorwonne 101 van 54 balle behaal en bygedra tot die Super Kings se telling van…
Volgens die Internasionale Arbeidsorganisasie sterf meer as 840 000 mense elke jaar aan gesondheidstoestande wat verband hou met psigososiale risiko's, soos lang werkure, werk onsekerheid en teistering in die werkplek. Arbeidskundige Herbert Jauch beskryf dit as kommerwekkend en waarsku dat werkverwante psigososiale risiko's dikwels lei tot kardiovaskulêre siektes en geestesversteurings,…
FlyNamibia het reageer op vervoerminister Veikko Nekundi wat beveel het dat vliegkaartjies op die Windhoek-Ondangwa-roete verlaag moet word, en sê pryse word deur vraag en aanbod sowel as stygende bedryfskoste gedryf. Volgens die lugdiens is sowat 67 persent van die koste buite hul beheer, insluitend hoë brandstofpryse weens die monopolie…
Ekonome waarsku dat die kombinasie van 'n onbepaalde wapenstilstandverlenging in die Midde-Ooste en voortdurende maritieme konflik 'n wisselvallige omgewing vir globale markte skep. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper gepraat. Hy sê terwyl die diplomatieke pouse aanvanklik verligting vir aandele verskaf het, dryf die volgehoue Amerikaanse…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.