Hoekom lê banke steeds beslag op huise, wil NV weet

Loading player...
Parlementslede spreek kommer uit oor vertragings in die afdwinging van die nuwe regulasies oor huisbeslagleggings, wat die eerste keer deur voormalige president Hage Geingob in 2024 in die Staatskoerant gepubliseer is en verlede Augustus deur wysigings versterk is. Die opgedateerde regulasies, wat toesig verskerp en dit moeiliker maak vir banke om primêre wonings onder markwaarde te verkoop, is ontwerp om te verseker dat beslagleggings slegs as 'n laaste uitweg gebruik word. Die Republikeinse Party-parlementslid, Mathias Mbundu, het vanmiddag in die Nasionale Vergadering gesê mense word steeds uit hul huise gesit, en het vrae aan die minister gestel.
21 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min