Trump, Taktiek en Tjankende Politiek

Loading player...
Hierdie week se KLETS “be-klets” Matthys en Colene die wêreld soos hy nou lyk: vol drama, vol ego’s en baie opinies.

Ons begin by Juju en sy “orange is the new black” oomblik. Dis politiek, dis teater, en dis Suid-Afrika se eie weergawe van reality TV waar niemand eintlik seker is wie die draaiboek skryf nie.

Dan die DA en hul manewales. Strategie of chaos? Plan of paniek? Is daar meer beweging as rigting is?

Intussen is die wêreld nie juis rustiger nie.

Donald Trump is besig om die "dokter dokter" gesprek te oorheers, en die oorlog in die Midde-Ooste bly ’n brandpunt wat nie wil afkoel nie. Die Straat van Hormuz is op die oomblik so deurmekaar soos 'n transgender tiener met spanning wat bou en niemand wat regtig weet is dit nou oop of is dit nou toe.

Dis ’n wêreld waar almal praat, min mense luister, en nog minder mense regtig weet wat volgende gaan gebeur.

En soos altyd, sit ons Suid-Afrika langs die wêreld en besef:
ons chaos lyk anders… maar chaos bly chaos.

Dis KLETS.
22 Apr Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Dis Veiliger om te Sit

Hallo! Na 'n lang stilte is KLETS terug. Dit was vrouedag, SA was koud en Pretoria sonder krag, maar die hangover is darem verby. En Colene het intussen al meer as een stort gehad. Ons noem dit vooruitgang. STATS SA se nuutste syfers is uit, en die span vra die…
19 Aug 57 min

Pryse, Potholes en 'n Pending Emoji

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-254-pryse-potholes-en-n-pending-emoji/ Kaapse huispryse klim weer, en dis nou al op 'n vlak waar jy moet begin wonder of dit regtig 'n huis is, of net 'n baie duur uitsig. Intussen is 'n Suid-Afrikaanse Protea-emoji 'n moontlikheid, en ons is klaar trots asof dit reeds…
22 Jul 1 hr 04 min

Slange, Spuite en Sondige Sente

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-253-slange-spuite-en-sondige-sente/ Iewers in China het 'n vloed 'n slangplaas oopgebreek, en nou is "swem met die plaaslike fauna" nie meer 'n opsie nie, dis 'n werklikheid. Ozempic maak jou skraler, sê die advertensies. Die nuutste studies belowe jou 'n paar ander verrassings wat niemand…
15 Jul 53 min

Lyste en Lastige Goggas

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/lyste-en-lastige-goggas/ Colene is terug van die Kaap. Party mense is 'n walking buffet vir muskiete, jou "bierpens" kan dit moontlik verduidelik. Maar dit klink darem onskuldig langs die vrou wat agterkom sy het 38 parasiete in haar brein gehad. Dis nie 'n getal nie,…
8 Jul 1 hr 03 min

Dis Nie Genoeg Nie, al Bly Ons Vriendelik

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/dis-nie-genoeg-nie-al-bly-ons-vriendelik/ Dis 1 Julie 2026. Dis winter, en ook presies die middel van die jaar. Ons be-klets die 30 Junie-opstande: waar lê die menswaardigheid, waar lê die deernis, en was die optogte eintlik die moeite werd? Of is Suid-Afrika môre net weer presies soos…
1 Jul 48 min