Meatco-werksaamhede gaan voort, al dreig werkers staking

Loading player...
Werknemers by Meatco het vandag by die hekke van Meatco vergader om 'n petisie aan die bestuur te oorhandig oor die ongefinaliseerde salarisonderhandelings vir die 2026-boekjaar. Die byeenkoms, gelei deur die Namibiese Voedsel- en Geallieerde Werkersunie, volg op vertragings in die afhandeling van loononderhandelinge en ander eise. Die vakbond het gewaarsku dat indien geen ooreenkoms teen 30 April bereik word nie, werkers met industriële aksie kan begin, wanneer 'n sertifikaat van onopgeloste geskil uitgereik kan word. Die waarnemende uitvoerende hoof van Meatco, Albertus !Aochamub, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die maatskappy spreek die saak aan.
23 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min