Israel beskuldig van beleid om mediawerkers te dood

Loading player...
Israel se moord op 'n vooraanstaande Libanese joernalis in 'n sogenaamde “double tap” aanval is met internasionale verontwaardiging begroet, terwyl Libanon se premier die aanval as 'n oorlogsmisdaad beskryf. Die 43-jarige Amal Khalil, wat vir die koerant al-Akhbar gewerk het, is Donderdag begrawe. Sy is dood in wat kollegas sê 'n volgehoue aanval deur Israeliese magte was. Redders het probeer om haar uit die puin van 'n gebou te grawe wat ook geteiken is, en is verhinder om lewensreddende hulp te verleen. Dit het tot hernude beskuldigings gelei dat Israel 'n beleid het om mediawerkers te teiken. SkyNews se Diana Magnay berig vanaf die toneel.
23 Apr 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min