Creecy begin raadpleging oor spoorinfrastruktuur

Loading player...
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het openbare raadpleging bekendgestel oor die konsep-nasionale spoorweg-meesterplan om spoorvervoer as die ruggraat van die vervoer- en logistieke stelsel te posisioneer. Dit beoog om meer vrag- en passasiersvervoer na treine te verskuif, verkeersopeenhopings en vervoerkoste te verminder en ekonomiese groei te bevorder. Creecy het belanghebbendes op die bekendstelling in Kemptonpark, Gauteng, gevra om deel te neem aan die raadplegings-proses, wat tot Julie duur:
23 Apr 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min