In hierdie gesprek gesels ons oor die fondasie van elke gesin, en dit is om eerste deel te word van God se gesin. Hoe het ons mekaar lief te midde van konflik en misverstande. Ons word aangemoedig om saam te bid en Woord te lees.
Ons gesels oor die anatomie van vrees en invloed op jou liggaam en brein. Ons kyk wat in die Bybel staan, en hanteer angs sonder om skuldgevoelens te he. Wat is die verskil tussen chroniese bekommernis en gesonde bekommernis. Die punt: Jesus weet presies waardeur ons gaan, en daar is…
Ons gesels oor `n baie relevante onderwerp wat baie mense al ervaar het, en dit is depressie. Ons kyk na wat dit is, wie in die Bybel het ook deur donker tye gegaan, en hoe ons kan hulp kry. Onthou, daar is geen skande om te vra vir hulp nie.
Oom Dirk gesels oor sy passie vir die Woord en sy betrokkenheid by die Gideons. Hy vertel oor die impak wat dit op sy lewe het, en deel kragtige getuienisse van dinge wat gebeur het, terwyl hy Bybels uitgedeel het.
In die episode gesels oom Dirk oor sy besigheid met louvre afdakke, die besoek aan die VSA en nuwe besigheidsidees. Maar `n diep geestelike ervaring laat hom anders kyk na besigheid en hoekom hy dit doen.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.