DA verwelkom Masemola-skorsing

Loading player...
Die DA verwelkom die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, se voorlopige skorsing en sê dis ʼn noodsaaklike stap om die amp se integriteit te beskerm. Masemola het Dinsdag in die hof verskyn in verband met die onregmatige toekenning van ʼn SAPD-gesondheidsdienskontrak van 360 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan Medicare24. President Cyril Ramaphosa het die SAPD se finansiële hoof, Puleng Dimpane, as tydelike nasionale polisiekommissaris aangestel. Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sê die SAPD kan voortgaan om te funksioneer terwyl die proses sy verloop neem:
24 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Yango-permitte bly in die nuus

Die kwessie van die 30 April sperdatum vir registrasie van Yango-bestuurders word steeds in die Nasionale Vergadering bespreek, te midde van kritiek deur die publiek. Kosmos 94.1 Nuus het met Yango in verbinding getree en volgens Zanyiwe Asare, Yango se groephoof van beleid, sukkel Yango-bestuurders om permitte uitgereik te kry.
24 Apr 4AM 1 min

Trump kondig drie-week lange skietstilstand in Libanon aan

President Donald Trump van Amerika sê die skietstilstand tussen Israel en Libanon is met drie weke verleng. Dit volg na ʼn onlangse vergadering in die Withuis met die twee lande se ambassadeurs. Sporadiese gevegte tussen Israel se weermag en Iran-ondersteunde Hisbolla het die afgelope week voortgeduur. Hisbolla het vuurpyle op…
24 Apr 4AM 1 min

Gobabis vra hulp na swaar reën

Gobabis het nes Okahandja, Donderdag swaar reën ervaar en talle huise is oorstroom. Die A, B, en C Kanaan nedersettings het die grootste skade rapporteer. Gemeenskappe kort dringend hulp. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van die Omaheke-streek, Pijoo Nganate gepraat.
24 Apr 3AM 1 min

Kapofi sê oor VSA-vliegdekskip

Verdedigingminister Frans Kapofi het die parlement gerusgestel dat 'n Amerikaanse kernaangedrewe vliegdekskip wat tans langs Namibië se kus vaar, buite die land se territoriale waters bly en in ooreenstemming met internasionale maritieme reg optree. Daar word verwag dat die skip by 'n groeiende Amerikaanse vlootteenwoordigheid in die Arabiese See sal…
24 Apr 3AM 1 min