Kaptein Jacky Britz is vandag op Rehoboth by die Lutherse Kerk as Baster-kaptein ingehuldig. Hy is op 9 Februarie na ‘n lang leierskapsgeskil deur die lynminister James Sankwasa bevestig. Hy het sy eed voor ds. Soraya Mostert afgelê.
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n beroep gedoen op 'n oop dialoog in Namibië se visbedryf met vakbonde wat waarsku dat die sektor in 'n krisis verkeer, met werkers wat onsekerheid, swak toestande en beperkte voordele in die gesig staar. Die president sluit vandag 'n driedaagse konsultasie met vismaatskappye op Walvisbaai…
Die Walvis Bay Backyard Tenants-vereniging is boos oor die Walvisbaai-munisipaliteit wat 'n plan goedgekeur om inwoners wat onwettig grond by Kuisebmond en ander gebiede beset, na 'n tydelike perseel by Farm 37 te verskuif. Die vereniging, wat op 'n porsie van Farm 37 woon, sê hy vra al jare vir…
Die kwessie van die 30 April sperdatum vir registrasie van Yango-bestuurders word steeds in die Nasionale Vergadering bespreek, te midde van kritiek deur die publiek. Kosmos 94.1 Nuus het met Yango in verbinding getree en volgens Zanyiwe Asare, Yango se groephoof van beleid, sukkel Yango-bestuurders om permitte uitgereik te kry.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.