
Backyard Tenants sat vir munisipaliteit wat hulle ignoreer
Loading player...
Die Walvis Bay Backyard Tenants-vereniging is boos oor die Walvisbaai-munisipaliteit wat 'n plan goedgekeur om inwoners wat onwettig grond by Kuisebmond en ander gebiede beset, na 'n tydelike perseel by Farm 37 te verskuif. Die vereniging, wat op 'n porsie van Farm 37 woon, sê hy vra al jare vir bystand en het van meet af aan alles self gevestig en ook vir die grond betaal. Die vereniging se Immanuel Festus het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

