Brandstofkrisis bedreig lugvaart in SAOG

Loading player...
Die Lugdiensvereniging van Suider-Afrika het ernstige kommer uitgespreek oor 'n groeiende stralerbrandstofkrisis wat lugreise regoor die SAOG-streek bedreig, met kritiese onsekerheid oor voorrade na Mei vanjaar. Die krisis spruit uit die konflik tussen die VSA, Israel en Iran, wat Golf-verskepings ontwrig het en stralerbrandstofpryse die hoogte laat inskiet het. Dit het gestyg van ongeveer 8 Namibiese dollar 50 sent per liter in middel Februarie tot meer as 30 dollar per liter teen middel April, met pryse in binnelandse nasies soos Malawi wat 50 dollar per liter oorskry. Linden Birns, lugvaartontleder van Plane Talking, verduidelik die situasie aan die Kosmos 94.1 Nuus.
25 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min