
Hofsaak om plakkers by Many Hills uit te sit, sal op niks uitloop
Loading player...
Baumgartsbrunn Beperk, die eienaars van die ontwikkeling op die plaas Many Hills wes van die hoofstad, dagvaar die Khomanin Tradisionele Owerheid in 'n poging om wat hulle onwettige plakkers noem te laat uitsit. Baumgartsbrunn het in hofstukke onder andere gesê daar is nie sanitasie nie, wat gevare vir gesondheid en die omgewing skep. Misdaad in die gebied het ook toegeneem. Kosmos 94.1 Nuus het met die maatskaplike aktivis Shaun Gariseb van die Khomanin-groep gepraat. Volgens hom sal die hofsaak op niks uitloop nie.

