Pretoria gasheer vir eerste Simbine Classic

Loading player...
Die eerste Simbine Classic wat vandag op die Pilditch-stadion in Pretoria begin, is die land se eerste Wêreldatletiek-vastelandse silwerbyeenkoms. Die Suid-Afrikaanse naelloper, Akani Simbine, sê dit gee plaaslike atlete kans om ranglyspunte te verdien en tuis met die res van die wêreld mee te ding. Hy het teenoor SABC News gapings in grondvlak-ontwikkeling uitgelig en meer belegging in benadeelde gemeenskappe aangespoor om talent te ontsluit en toekomstige kampioene te bemoedig:
28 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nigerië se ambassadeur in SA sê oor mgirante, misdaad

Die Nigeriese ambassadeur in Suid-Afrika, Alexander Ajayi, het die land versoek om nie migrantgemeenskappe die skuld vir misdaad te gee nie. Tydens 'n bespreking oor Migrasie en Maatskaplike Samehorigheid in die Parlement het Ajayi gesê misdadigers moet individueel vervolg moet word, nie op grond van hul nasionaliteit nie. Hy het…
29 Jun 1AM 1 min

George Russell vat eerste oorwinning die seisoen

George Russell van Mercedes se wedren by die Oostenrykse Grand Prix het in die voorste wegspringplek begin en met ʼn oorwinning geëindig. Dis sy eerste sege sedert die wedren-seisoen in Australië begin het. Max Verstappen van Red Bull het tweede geëindig voor Russell se spanmaat, Kimi Antonelli. Oscar Piastri van…
29 Jun 1AM 1 min

Namibië oorrompel Zambië 71-12

Tot die vreugde van die skare het die Welwitschia Uitnodigings XV span Zambië Sondagnamiddag by die Hage Geingob-stadion in die hoofstad oorrompel met 'n 71-12 oorwinning. Kosmos 94.1 se Ruda Schoeman was daar en het na die wedstryd met Ali Bhika, die Zambiese kaptein gesels.
29 Jun 12AM 1 min

Groot koue op pad die week

Bitter koue weer is besig om oor Namibië te vestig, met vriesende toestande wat na verwagting teen Donderdag van die suide na die sentrale, westelike en uiteindelik noordelike dele van die land sal versprei. Die Namibiese Meteorologiese Diens sê 'n koue front oor die subkontinent dryf die skerp daling in…
29 Jun 12AM 1 min