Swak geletterheid in Omaheke aangespreek

Loading player...
Die Omaheke-streek het vanoggend sy driedaagse Onderwysberaad 2026 geopen. Die beraad is daarop gemik om vennootskappe tussen primêre, sekondêre en tersiêre instellings te versterk. Die Omaheke-streek se direkteur van onderwys, Constance Watenaar, sê die beraad is veral daarop gemik om die swak vlakke van syfervaardigheid en geletterdheid op primêre vlakke aan te spreek.
28 Apr 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min

Rehoboth Baster-gemeenskap het baie om te vier

Nadat die Rehoboth Baster-gemeenskap uiteindelik op 25 April hulle kaptein ingehuldig het, is die groep ook as 'n tradisionele owerheid erken. Die gemeenskap berei nou voor vir die volgende groot geleentheid, Sam Khubis, wat op 8 Mei herdenk word. Pastoor Leonard Pienaar, wat ook op die volksraad aangestel is, het…
28 Apr 10AM 1 min

Bied groot aantal regeringswerkers waarde vir geld?

Reaksie word ontvang op die aantal regeringswerkers wat met meer as 14 000 in 'n jaar gestyg het. Die Openbare Dienskommissie het sy jaarlikse voorsittersrede aangebied. Die voorsitter, Salmaan Jacobs, het aangekondig dat die totale aantal regeringswerknemers vermeerder het van 110 002 in 2023/2024 na 114 304 in 2024/2025. Maar…
28 Apr 10AM 1 min

Swapo op 66 staar keerpunt in gesig: kenner

Swapo, terwyl hy sy 66ste bestaansjaar vier, staar 'n keerpunt in die gesig nadat hy sy tweederdemeerderheid in die parlement verloor het en nou met 'n kleiner meerderheid regeer, volgens regeringskundige Pius Dunaiski. Dit is 'n verskuiwing wat wetgewing vertraag en groter politieke konsensus afdwing. Dunaiski het aan Kosmos 94.1…
28 Apr 10AM 1 min

VSA aanspreeklik vir skeepsvaart-ontwrigting: Iranse VN-ambassadeur

Iran se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Amir Saeid Iravani, sê Amerika en sy ondersteuners is aanspreeklik vir alle ontwrigting van maritieme vervoer. Die VN se Veiligheidsraad het debat gevoer oor die veiligheid en beskerming van waterweë te midde van ontwrigting in die strategies-belangrike Straat van Hormuz. Iravani sê Amerika…
28 Apr 10AM 1 min