Dis winter, maar dit beteken nie boere moet ledig sit nie, en kan reeds begin voorberei vir die somer-plantseisoen. Agribank se tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee, Hanks Saisai, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Activists and Citizens Forum het die pleitooreenkoms tussen die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie en die sakeman Vusimuzi "Cat" Matlala gekritiseer en sê dit toon 'n gebrek aan deursigtigheid. Matlala en die staat het ooreengekom tot gevangenisstraf van agt jaar op aanklagte van korrupsie, bedrog en geldwassery. Die woordvoerder, Dennis Bloem,…
Sportminister Gayton McKenzie het ná hul geskiedkundige 1-0-oorwinning oor Suid-Korea vir Bafana Bafana 'n bonus van vyf miljoen rand beloof vir elke Fifa Wêreldbeker-uitklopoorwinning. Bafana Bafana pak vanaand om nege-uur die mede-gasheer, Kanada, met die doel om die laaste-16 van die toernooi te haal. Intussen sê Bafana Bafana-afrigter Hugo Broos…
Die Ahmed Kathrada-stigting sê Suid-Afrika se immigrasiedebat moet gelei word deur feite, nie waninligting nie. Die stigting sê migrante maak ongeveer vier persent van die land se bevolking uit en is nie die belangrikste oorsaak van die druk op openbare dienste nie. Die stigting se teen-rassismebestuurder, Rethabile Ratsomo, sê werkloosheid,…
Die uitvoerende hoof van Brand South Africa, Neville Mattjie, sê Bafana Bafana se Fifa Wêreldbeker-prestasie versterk die land se wêreldwye beeld en bewys dat negatiwiteit nie nasionale veerkragtigheid kan ondermyn nie. In 'n onderhoud met Newzroom Afrika beklemtoon hy dat die span se sukses Suid-Afrika in die internasionale kollig geplaas…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.