
Gevangenis boer vooruit
Loading player...
Die plaas van die Divundu-gevangenis in Kavango-Oos het 'n opbrengs van 14 miljoen Namibiese dollar in die vorige seisoen gelewer. Die plaas verskaf produkte aan al 14 korrektiewe fasiliteite in die land. In die 2024-25 seisoen het die plaas sowat 1 446,8 metrieke ton mielies geoes teen 'n gemiddeld van 8,6 ton per hektaar. Koringproduksie was 626,8 ton op 11,95 hektaar. 'n Gedeelte van die koringoes was ongelukkig verloor weens reënskade. Die plaas verbou ook groente en het 'n bakkery. Hulle maak skenkings aan die Osire-vlugtelingskamp en die skoolvoedingskema. Kosmos 94.1 Nuus het met die diens se adjunkkommissaris-generaal Sam Shaalulange gepraat.

