Chinese pomp miljarde dollar in Etango-uraanprojek

Loading player...
Bannerman Energy het ’n finansieringsooreenkoms van meer as 5 miljard Namibiese dollar vir die ontwikkeling van sy Etango-uraanprojek in die Namib met die Chinese staatsbeheerde CNNC Overseas beklink. Hiervolgens gaan die Chinese ‘n belang van 45 persent in Bannerman se Britse filiaal bekom, wat 95 persent van Etango besit. Bannerman behou ’n effektiewe belang van 52,25 persent, terwyl CNNC 42,75% hou en die plaaslike nie-winsgewende stigting, One Economy Foundation, 5 persent behou. CNNC sal ook 60% van uraanproduksie koop. Die ooreenkoms ondersteun ’n finale beleggingsbesluit wat na verwagting in die middel van vanjaar geneem sal word. Die Etango-projek vorder fluks, sê Bannerman in hul verslag vir die afgelope kwartaal:
1 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min

Amerikaanse ambassadeur 'meng in, regering moet optree'

Aktivis Michael Amushelelo het 'n nasionale petisie van stapel gestuur waarin hy die regering versoek om die Amerikaanse ambassadeur, John Giordano, tot persona non grata te verklaar. Amushelelo beskuldig die Amerikaanse diplomaat van inmenging in binnelandse sake en verwys na hoëvlakvergaderings met geregtelike amptenare, en interaksies by nasionale geleenthede as…
27 Aug 10AM 1 min