
Cassingadag nie net simbolies, sê Nahas
Loading player...
Vandag herdenk Namibië Cassingadag. Die vakansiedag word gevier ter ere van die meer as 600 mense wat in 1978 in die aanval deur Suid-Afrikaanse magte in 'n Swapo-vlugtelingkamp in die dorp Cassinga in Angola dood is. Swapo-veteraan Nahas Angula sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dae soos hierdie nie net oor simboliek moet gaan nie, maar 'n weerspieëling van die status van die sosio-ekonomiese situasie waarmee baie Namibiërs vandag te kampe het.

