
Hyphen-projek kan baie vir boere beteken - Zaamwani
Loading player...
Ná owerhede die naweek die Hyphen Energy-fasiliteit in Lüderitz besoek het, het die regering opnuut sy ondersteuning aan dié groenwaterstofprojek bevestig. Landbouminister Inge Zaamwani is van mening dat die ontwikkeling baie vir boere in omliggende areas kan beteken.

