
NSFAS onder administrasie geplaas
Loading player...
Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente is onder administrasie geplaas na ernstige bestuurs-, finansiële en operasionele uitdagings binne die instelling. Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, het in 'n media-inligtingsessie die aanstelling van Hlengani Mathebula van die Tshwane Universiteit van Tegnologie as administrateur aangekondig om die bestuur van die skema oor te neem. Manamela sê die ingryping is daarop gemik om die entiteit te bestendig en voortgesette studentesteun te verseker, met befondsing, toelaes en appèlle wat sonder onderbreking voortduur:

