
Die Solidariteit #JouYster 2026 kompetisie loots vanjaar by NAMPO
Loading player...
Solidariteit se gewilde #JouYster-kompetisie skop die week af, en vanjaar word dit amptelik tydens NAMPO geloods vanaf 12 tot 15 Mei. Die kompetisie vier ʼn ambagsman of -vrou wat bou, regmaak en ʼn verskil met hul hande maak – die ware doeners in ons gemeenskappe. Stef Pretorius, beroepsnetwerkkoördineerder van die Solidariteit Ambagnetwerk, sluit by Yolanda Maartens aan om meer te vertel oor hoe jy iemand kan nomineer en waarom hierdie inisiatief so belangrik is. Meer besonderhede ook aanlyn beskikbaar by www.soidariteit.co.za


