
Ampsklagkomitee dien verklaring in om Ramaphosa se aansoek te keer
Loading player...
Die ampsklagkomitee se voorsitter, Makashule Gana, het gister amptelik ʼn beëdigde verklaring by die Wes-Kaapse Hooggeregshof ingedien om president Cyril Ramaphosa se dringende aansoek om te keer dat die komitee met sy werk voortgaan, teen te staan. Die president soek ʼn interdik hangende die hersiening van die onafhanklike paneel se verslag oor sy optrede nadat duisende Amerikaanse dollars in 2020 op sy plaas, Phala Phala, gesteel is. Gana sê die komitee se werk sal nie belemmer word nie:

