Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement is bekommerd oor die impak van voortdurende taxigeweld op die veiligheid van leerders en onderwysers, sowel as op die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens. Die Departement het noodplanne in plek om moontlike ontwrigtings te hanteer en werk saam met die polisie en ander veiligheidsstrukture om leerders te help om…
Die regering doen ’n beroep op dringende en betroubare befondsing om wêreldwye verbintenisse oor vroue, vrede en veiligheid in konkrete aksie om te sit. Penda Naanda, Namibië se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, het die VN-Veiligheidsraad toegespreek en gesê voorspelbare, volhoubare en buigsame finansiering is noodsaaklik. Namibië dring daarop…
Nagenoeg 11 rubberduck-bote neem môreoggend aan die Oanob Lake Grand Prix-reeks by die Oanobdam deel. Elke boot se span bestaan uit 'n stuurman en 'n navigator, wat voor in die boot sit en help om die boot te stuur. Die sport was eens baie gewild, maar het mettertyd veld verloor…
Die ministerie van visserye het 'n nuwe raad vir die staatsbeheerde Namibiese Visverbruik-bevorderingstrust vir 'n termyn van vyf jaar aangestel. Die nuwe voorsitter, Lot Ndamanomhata, sê die planne sluit in die vestiging van drie nuwe gemeenskapsvismarkte in minderbevoorregte binnelandse gebiede om voedsel- en voedingsekerheid te verbeter.
Ongeveer 87 000 tersiêre studente het in 2026 staatsgesubsidieerde klas- en registrasiegelde ontvang. Volgens die adjunkminister van onderwys, Dino Ballotti, word dié befondsing ook onder die hersiene begroting beskerm. Hy het aangekondig dat die ministerie 150 miljoen Namibiese dollar verskuif het om sy ontwikkelings-begroting tot 738 miljoen dollar te verhoog…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.