
Walvis verduidelik prosedures met slaggate
Loading player...
Die Walvisbaai-munisipaliteit sê hulle verhoed nie gemeenskappe om te help om slaggate te vul nie, die regte prosedures moet net gevolg word. Dit volg na 'n werklose paartjie onlangs begin het om slaggate reg te maak, en die munisipaliteit daaroor gekla het te midde van inwoners se voortdurende klagtes oor die toestand van die paaie. Kosmos 94.1 Nuus het met die munisipaliteit se woordvoerder, Anita Kaihiva, oor die kwessie gepraat.

