Gevare van spoedbrekers bring verantwoordbaarheid na vore

Loading player...
'n Video doen die rondtes op sosiale media waar 'n ambulans op die B1 Westelike Verbypad die spoedbrekers vermy en op die eiland tussen die twee paaie ry. Dit het weer diskoers aangevuur oor die potensiaal van lewens wat verloor kan word weens die hobbels. Regter Gabriel Komboni sal op 30 Junie in die hoërhof sy uitspraak in aktivis Michael Amushelelo se dringende aansoek teen vervoerminister Veikko Nekundi oor die brekers lewer. Kosmos 94.1 Nuus het met bestuurskenner Pius Dunaiski gepraat, wat sê die saak bring die kwessie van aanspreeklikheid na vore.
24 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

WK-polisie gereed vir moontlike verkiesingsontwrigtings

Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Sizakhele Dyantyi, sê hulle is gereed om veiligheid te handhaaf en te reageer op enige ontwrigtings tydens Woensdag se munisipale verkiesing. Hy sê daar is 'n toegewyde bedryfsplan met afsonderlike ontplooiings om moontlike bedreigings die hoof te bied. Dyantyi sê die polisie sal nie beamptes van bestaande…
29 Oct 11PM 1 min

NNN wil Rusland-Afrika-samewerking vir water en landbou bevorder

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het by die Rusland-Afrika-beraad in Moskou 'n beroep gedoen op die implementering van die 2013 Namib-verklaring, om Afrika se waterinfrastruktuurgaping en klimaatsveerkragtigheid aan te pak. Sy het, na aanleiding van 27 miljard Amerikaanse dollar in Rusland-Afrika-handel in 2025, gesamentlike ondernemings in landboutegnologie en waardetoevoeging aangespoor om werkskepping…
29 Oct 11PM 1 min

Haaie werk nog aan skrum, sê stut Du Toit

Rugby: Die Haaie-stut Thomas du Toit sê die span is vol vertroue voor Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-kragmeting met Munster in Limerick, Ierland. Die Durbanse span het sokkies opgetrek na hul nederlaag van 39-22 teen die Stormers en oorwinnings behaal oor Lyon in die Uitdaagbeker en Cardiff in die VRK. Die…
29 Oct 11AM 1 min

Integreer vroeë-kinderontwikkeling nóú in skole: IPC

Die IPC eis die volle implementering van Artikel 14 van die Wet op Basiese Onderwys, wat voorsiening maak vir die integrasie van vroeë-kinderontwikkeling in die onderwysstelsel. Die IPC se skadu-onderwysminister, Bertha Nghifikwa, het vanmiddag in die parlement aangedring op beleide en hulpbronne om jong kinders te ondersteun. Dit kom terwyl…
29 Oct 11AM 1 min