Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Sizakhele Dyantyi, sê hulle is gereed om veiligheid te handhaaf en te reageer op enige ontwrigtings tydens Woensdag se munisipale verkiesing. Hy sê daar is 'n toegewyde bedryfsplan met afsonderlike ontplooiings om moontlike bedreigings die hoof te bied. Dyantyi sê die polisie sal nie beamptes van bestaande…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het by die Rusland-Afrika-beraad in Moskou 'n beroep gedoen op die implementering van die 2013 Namib-verklaring, om Afrika se waterinfrastruktuurgaping en klimaatsveerkragtigheid aan te pak. Sy het, na aanleiding van 27 miljard Amerikaanse dollar in Rusland-Afrika-handel in 2025, gesamentlike ondernemings in landboutegnologie en waardetoevoeging aangespoor om werkskepping…
Rugby: Die Haaie-stut Thomas du Toit sê die span is vol vertroue voor Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-kragmeting met Munster in Limerick, Ierland. Die Durbanse span het sokkies opgetrek na hul nederlaag van 39-22 teen die Stormers en oorwinnings behaal oor Lyon in die Uitdaagbeker en Cardiff in die VRK. Die…
Die IPC eis die volle implementering van Artikel 14 van die Wet op Basiese Onderwys, wat voorsiening maak vir die integrasie van vroeë-kinderontwikkeling in die onderwysstelsel. Die IPC se skadu-onderwysminister, Bertha Nghifikwa, het vanmiddag in die parlement aangedring op beleide en hulpbronne om jong kinders te ondersteun. Dit kom terwyl…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.