Vrystaat ent meer as 1 miljoen bees teen BKS in

Loading player...
Die Vrystaatse LUR vir Landbou, Landelike Ontwikkeling en Omgewingsake, Elsabé Rockman, sê die provinsie het die mylpaal van 'n miljoen diere verbygesteek wat teen bek-en-klouseer ingeënt is. Dis deel van Suid-Afrika se breër poging om uitbrekings te beheer en die veebedryf te beskerm deur die nasionale verspreiding van entstof teen die siekte. Rockman het aan die SABC gesê voortgesette inentings en streng biosekerheids-maatreëls is van kritieke belang om verdere verspreiding te verhoed:
24 Jun 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Haaie werk nog aan skrum, sê stut Du Toit

Rugby: Die Haaie-stut Thomas du Toit sê die span is vol vertroue voor Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-kragmeting met Munster in Limerick, Ierland. Die Durbanse span het sokkies opgetrek na hul nederlaag van 39-22 teen die Stormers en oorwinnings behaal oor Lyon in die Uitdaagbeker en Cardiff in die VRK. Die…
29 Oct 11AM 1 min

Integreer vroeë-kinderontwikkeling nóú in skole: IPC

Die IPC eis die volle implementering van Artikel 14 van die Wet op Basiese Onderwys, wat voorsiening maak vir die integrasie van vroeë-kinderontwikkeling in die onderwysstelsel. Die IPC se skadu-onderwysminister, Bertha Nghifikwa, het vanmiddag in die parlement aangedring op beleide en hulpbronne om jong kinders te ondersteun. Dit kom terwyl…
29 Oct 11AM 1 min

Fishrot-saak weer sonder toegewyde regter

Waarnemende regter Marelize du Plessis is nie meer by die Fishrot-saak betrokke nie. Die saak sal voortaan deur regters bestuur word wat deur die Regter-president aangestel is, totdat dit gereed is vir verhoor. Regter Eileen Rakow het in Oktober verrigtinge behartig en sal na verwagting op 11 November ’n tussentydse…
29 Oct 10AM 1 min

Konstruksiebedryf hoop op konstruksieraad-stigting

Die konstruksiebedryf is versigtig optimisties dat die langverwagte Wetsontwerp op Konstruksiebedrywe uiteindelik aan die Kabinet se wetgewingskomitee voorgelê sal word. Bärbel Kirchner, uitvoerende hoof van die Konstruksie industrie-federasie van Namibië, verwelkom die vordering, maar sê dekades se beloftes moet nou in dade omgesit word. Sy sê die wetsontwerp moet aan…
29 Oct 10AM 1 min