Canyon: 68 stappers per lug ontruim in sewe ure

Loading player...
Die redding van 96 stappers uit die Visrivier-canyon na swaar reënval wat die rivier laat afkom het, is steeds in die nuus. Die Nautedam se sluise moes ook getrek word en die Neckartaldam het oorgeloop, wat die riviervlak verder verhoog het en die stappers vasgekeer het. Die polisie-helikopter wat gebruik is, is geloods deur kommissaris Florentina Ndumbu, hoof van die NamPol-lugvleuel, wat geloof word vir haar professionaliteit en koelkop reddingswerk. Die helikopter kon net nege stappers op 'n slag uit die canyon vervoer. Kosmos 94.1 Nuus het met NamPol se //Kharas-bevelvoerder kommissaris Marius Katamila gepraat wat 'n oorsig oor die reddingspoging gee.
25 Jun 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

WK-polisie gereed vir moontlike verkiesingsontwrigtings

Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Sizakhele Dyantyi, sê hulle is gereed om veiligheid te handhaaf en te reageer op enige ontwrigtings tydens Woensdag se munisipale verkiesing. Hy sê daar is 'n toegewyde bedryfsplan met afsonderlike ontplooiings om moontlike bedreigings die hoof te bied. Dyantyi sê die polisie sal nie beamptes van bestaande…
29 Oct 11PM 1 min

NNN wil Rusland-Afrika-samewerking vir water en landbou bevorder

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het by die Rusland-Afrika-beraad in Moskou 'n beroep gedoen op die implementering van die 2013 Namib-verklaring, om Afrika se waterinfrastruktuurgaping en klimaatsveerkragtigheid aan te pak. Sy het, na aanleiding van 27 miljard Amerikaanse dollar in Rusland-Afrika-handel in 2025, gesamentlike ondernemings in landboutegnologie en waardetoevoeging aangespoor om werkskepping…
29 Oct 11PM 1 min

Haaie werk nog aan skrum, sê stut Du Toit

Rugby: Die Haaie-stut Thomas du Toit sê die span is vol vertroue voor Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-kragmeting met Munster in Limerick, Ierland. Die Durbanse span het sokkies opgetrek na hul nederlaag van 39-22 teen die Stormers en oorwinnings behaal oor Lyon in die Uitdaagbeker en Cardiff in die VRK. Die…
29 Oct 11AM 1 min

Integreer vroeë-kinderontwikkeling nóú in skole: IPC

Die IPC eis die volle implementering van Artikel 14 van die Wet op Basiese Onderwys, wat voorsiening maak vir die integrasie van vroeë-kinderontwikkeling in die onderwysstelsel. Die IPC se skadu-onderwysminister, Bertha Nghifikwa, het vanmiddag in die parlement aangedring op beleide en hulpbronne om jong kinders te ondersteun. Dit kom terwyl…
29 Oct 11AM 1 min