Kerklike eenheid in die branding
Loading player...
kykNET het onlangs ’n omstrede en indringende gesprek in hul aktualiteitsprogram Onthul uitgesaai met die titel: "Só skeur die susterskerke." Terselfdertyd wek die bekende en invloedryke NG Gemeente Moreleta Park in Pretoria opspraak met die stelling dat ruim 90% van hul lidmate nie meer tuis voel binne die groter NG Kerkverband nie. Dit laat die dringende vraag ontstaan: Hoe verder met die kerk? Ondergrawe die kerk homself binnensmonds, of is hierdie pynlike groeipyn bloot deel van ons reformatoriese wese om onsself voortdurend te hervorm?
Jannie Pelser en gaste, Ds. Jan Lubbe, Ds. Rudie Swanepoel en Prof. Fika Janse van Rensburg duik saam in en bespreek hierdie tema.
Jannie Pelser en gaste, Ds. Jan Lubbe, Ds. Rudie Swanepoel en Prof. Fika Janse van Rensburg duik saam in en bespreek hierdie tema.