Buitelanders dra 12% by tot oorbevolkte tronke

Loading player...
Die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste sê die oorbevolking van korrektiewe instellings bly 'n ernstige uitdaging, met buitelandse gevangenes wat sowat 12-persent van gevonnisde gevangenes uitmaak. Die komiteevoorsitter, Anthea Ramolobeng het aan die media gesê vertragings in deportasieprosesse plaas druk op fasiliteite en hulpbronne wat reeds onder druk is. Ramolobeng het 'n gevangene-oordragooreenkoms tussen Suid-Afrika en Botswana verwelkom, en vra vir soortgelyke ooreenkomste met ander lande:
26 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dolly Parton 'was deel van almal se lewens'

Die legendariese countrymusiek-sangeres, liedjieskrywer en aktrise, Dolly Parton, is op 80-jarige ouderdom na 'n kort stryd met kanker oorlede. In 'n loopbaan wat oor ses dekades gestrek het, het sy meer as 3 000 liedjies geskryf en meer as 100-miljoen plate wêreldwyd verkoop. Sy sal onthou word vir haar liedjies…
26 Aug 12AM 1 min

Bokke gaan sake regstel, sê Rassie

Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle is vasbeslote om sake reg te stel na die nederlaag van 33-16 teen die All Blacks in die eerste toets in Johannesburg. Handrè Pollard keer terug op losskakel vir Saterdag se tweede toets in Kaapstad, en Cobus Reinach en Ethan Hooker is ingesluit. Siya…
25 Aug 11AM 1 min

RMB Namibië stel Ray Auala Jr. as hoof van globale markte aan

RMB Namibië het Rehabeam "Ray" Auala Jr. as hoof van globale markte aangestel om sy finansiële risiko- en markbestuursvermoëns te versterk. Groephoof van kommunikasie, Kirsty Watermeyer, sê dat die aanstelling reageer op die groeiende vraag na buitelandse valuta, risiko-oplossings en toegang tot kapitaalmarkte. Auala bring meer as 12 jaar ondervinding…
25 Aug 11AM 1 min