
Air Namibia-werkers wend hulle aan Hooggeregshof
Loading player...
Voormalige Air Namibia-werkers het in Februarie 'n versoek aan die Hooggeregshof gerig vir 'n bespoedigde verhoor in 'n geskil oor onbetaalde skeidingsvoordele wat reeds byna vyf jaar uitstaande is ná die lugredery se likwidasie. Die saak sal vroeg in Julie voorkom. Renier Bougaard, die woordvoerder van die groep, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

