VN monitor optogte in SA

Loading player...
Die Verenigde Nasies sê hy gaan betogings teen ongedokumenteerde immigrasie in Suid-Afrika noukeurig monitor. Teen-migrasiegroepe, insluitend March and March en Operasie Dudula, gaan na verwagting vandag massabetogings teen onwettige immigrasie regoor die land hou. VN-woordvoerder Stéphane Dujarric sê dit is belangrik dat betogings kalm en beheersd bly, met volle respek vir menseregte. Hy sê die VN ondersteun nasionale pogings wat daarop gemik is om maatskaplike samehorigheid te bevorder, xenofobie te voorkom en migrasiebestuur te verbeter:
30 Jun 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NSA moderniseer databronne

Die Namibiese Statistieke-agentskap fokus op die modernisering van databronne en die nuutste tegnologie. Hulle het die stap gevat deur 'n streeksveldtog van stapel te stuur, om nasionale data-insameling te hersien, en beklemtoon dat hoëgehalte-statistieke noodsaaklik is vir die bereiking van Visie 2030 en ontwikkelingsplanne.Hierdie inisiatief stel 'n nasionale strategie vir…
30 Jun 3AM 1 min

Belegging in 4 stapelkrane vir Kaapstad, le laat

Die DA in die Wes-Kaap sê Transnet se belegging van 96-miljoen Suid-Afrikaanse rand in vier nuwe hibriede stapelkrane by die Kaapstadse houerterminaal is te min en te laat om die hawe se voortgesette uitdagings aan te spreek. Noko Masipa van die party sê ernstige opeenhopings veroorsaak dat duisende tonne van…
30 Jun 3AM 1 min

Mediawerkers ook onder skoot met teenmigrasie-betogings

'n Koalisie van mediavryheidsorganisasies het aanvalle op buitelandse burgers en dreigemente teen joernaliste veroordeel voor vandag se beplande optrede teen migrante. Die koalisie sê daar was berigte van geweld, intimidasie en dwarsboming van joernaliste, insluitend pogings om hulle te dwing om beeldmateriaal en dreigemente te verwyder terwyl hulle voorvalle met…
30 Jun 2AM 1 min

Rutte het net lof vir Starmer

Die sekretaris-generaal van Navo, Mark Rutte, sê Keir Starmer was 'n uitstekende premier vir die Verenigde Koninkryk en het die Weste se agenda rakende die oorlog in die Oekraïne gelei. Hy het met Sky News gepraat.
30 Jun 2AM 1 min