SAPD is gereed, sal orde behou

Loading player...
Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê wetstoepassingsagentskappe is heeltemal voorbereid om die land veilig te hou, lewens en eiendom te beskerm en wet en orde te handhaaf. Dit is in aanloop tot beplande betogings wat vandag landwyd teen onwettige migrasie beplan word. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê Dimpane het die polisie se verbintenis herhaal om landsburgers se grondwetlike reg om te betoog, te beskerm:
30 Jun 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Geen brandstofprys aankondiging vandag nie

Die energieministerie het bevestig dat die langverwagte brandstofprysaanpassing vir Julie nie vandag aangekondig sal word nie. Met die nuwe maand net ure weg, wag motoriste steeds om te hoor of brandstofpryse sal styg, daal of onveranderd bly. Terwyl baie hoop op verligting by die pompe, het die woordvoerder van die…
30 Jun 6AM 1 min

Erkenning van ervaring as kwalifikasie verwelkom - Tucna

Namibiërs wat hul vaardighede deur jare se werkservaring eerder as formele opleiding opgedoen het, kan binnekort amptelike erkenning ontvang kragtens 'n nuwe beleid wat deur die Namibiese Kwalifikasie-owerheid voorgestel is. Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretaris-generaal van die Trade Union Congress of Namibia, Mahongora Kavihuha, gepraat, wat sê dit…
30 Jun 6AM 1 min

Eerste werklike kouefront land vanaand

Dit gaan bitter koud word met kenners wat sê die is die eerste werklike kouefront omdat dit 'n hoëdrukstelsel is wat lug afdruk en die stelsel bevat yskou Arktiese lug. Die stelsel kom môre aan. Ons gaan koud kry.
30 Jun 6AM 1 min

Burnham belowe groot veranderings

Andy Burnham wat moontlik die volgende Britse eerste minister gaan wees, het beloof om die grootste magsverandering ooit in die land te verseker. Hy het verlede Maandag aangekondig dat hy teen Keir Starmer gaan staan vir eerste minister. Burnham sê hy gaan ʼn Nommer 10 Noord vestig as middelpunt van…
30 Jun 5AM 1 min