
Migrantbetogings: Meer as 900 in boeie
Loading player...
Die Nasionale Gesamentlike Bedryfs- en Intelligensiestruktuur sê die meerderheid van Dinsdag se landwye betogings was vreedsaam en 108 van die 120 optogte was sonder voorval. Meer as 900 mense is in hegtenis geneem vir onder meer openbare geweldpleging, plundering, sake-rooftogte en immigrasie-verwante oortredings. Adjunk-nasionale polisiekommissaris, Tebello Mosikili, het op 'n nuuskonferensie gesê gekoördineerde operasies het gehelp om bestendigheid te handhaaf, terwyl vinnige reaksies voorvalle van plundering en openbare geweldpleging onderdruk het:

