
Kganyago waarsku oor inflasie
Loading player...
Die goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê hy is bekommerd dat inflasieverwagtinge bo die sentrale bank se 3-persent-teiken gestyg het. In reaksie op olieskokke as gevolg van die Midde-Oosterse oorlog, het die bank rentekoerse in Mei vir die eerste keer in drie jaar verhoog. Dit was met 25-basispunte tot 7-persent. Kganyago het aan Bloomberg gesê kerninflasie, wat energie- en voedselpryse uitsluit, na sal verwagting in die eerste kwartaal van volgende jaar 'n hoogtepunt bereik:

