
Aspris kraam in VSA as besoeker is teen die wet - Blanche
Loading player...
Die waarnemende Amerikaanse prokureur-generaal, Todd Blanche, sê federale aanklaers en wetstoepassers sal toeslaan op sogenaamde “geboorte-toerisme”. Die Hooggeregshof het Dinsdag herbevestig dat enige persoon wat in Amerika gebore word, ʼn burger is, selfs al is die kind se ouers nie. Volgens die Migrasie-beleidsinstituut, skenk daar jaarliks tot 26 000 vroue met toeriste-visums geboorte in Amerika. Blanche sê mense wat met toeriste-visums na Amerika reis net om geboorte te skenk, oortree federale wette:

