
Matlala se pleitooreenkoms verwerp, hoe nou vra DA
Loading player...
Die DA het 'n beroep gedoen op verantwoording oor die hantering van die tenderpreneur Vusimusi “Cat” Matlala se pleit- en vonnisooreenkoms nadat die Pretoriase Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof die ooreenkoms verwerp het. Jan de Villiers van die party het die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, versoek om te verduidelik wie die ooreenkoms in die multimiljoenrand polisie-Medicare24-tendersaak goedgekeur het en watter stappe gedoen sal word om 'n soortgelyke situasie in die toekoms te verhoed:

