
Zelensky beloof wraak na Kiëf-aanvalle
Loading player...
Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het beloof om wraak te neem ná Rusland se aanvalle op Kiëf waarin minstens 27 mense dood en 91, insluitend twee kinders, gewond is. Moskou het byna 500 hommeltuie en meer as 70 missiele op Oekraïne afgevuur en woongeboue en militêre basisse beskadig. Rusland se weermag sê sy aanval is uit wraak vir Oekraïnse aanvalle op sy eie burgerlike infrastruktuur. Zelensky sê as sy bondgenote ooreenkomste nagekom het om lugafweer-missiele aan Oekraïne te verskaf, sou die skade nie so groot gewees het nie:

