Outa wil Stad Johannesburg se elektristeit-boeke sien

Loading player...
Die Organisasie teen Belastingmisbruik, of Outa, het Eskom versoek om sy ooreenkoms met die Stad Johannesburg bekend te maak voordat enige onderbrekings in elektrisiteitstoevoer oorweeg word. Die organisasie het ook strenger toesigmaatreëls voorgestel, insluitend onafhanklike monitering van elektrisiteitsinkomste en gereelde openbare verslagdoening. Julius Kleynhans van Outa sê hoewel die nutsmaatskappy die reg het om geld wat aan hom verskuldig is te verhaal, moet inwoners en besighede wat betaal, nie gestraf word vir die stad se finansiële mislukkings nie:
3 Jul 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

China stel glo belang in plaaslike hernubare energie-bedryf

Meer inligting is bekend oor president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsbesoek aan China. Terwyl die name van alle lede van haar afvaardiging nie bekendgemaak is nie, sê die Namibiese Groenwaterstofprogram dat die hernubare energie-bedryf onder die loep sal kom. Die program se woordvoerder, Jona Musheko, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
3 Jul 10AM 1 min

Huislening-mark moet diversifiseer, banklenings te duur

Die groei in huislenings aan huishoudings was in Mei vir die tweede agtereenvolgende maand net 1,9 persent. Die totale leningsboek staan op 46,7 miljard Namibiese dollar, 'n toename van 42,4 miljoen dollar maand-tot-maand. Volgens Simonis Storm se privaatsektor kredietverlening-verslag, verwag hulle steeds dat die groei in huislenings aan huishoudings teen…
3 Jul 10AM 1 min

Taxi-sensus op Swakopmund stel teleur

Die Swakopmund-munisipaliteit het onlangs 'n taxisensus- en registrasieveldtog uitgevoer. Die drie week lange oefening was om die munisipaliteit se databasis op datum te bring en om die bestuur van taxi's in die dorp te verbeter. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die opkoms was swak.
3 Jul 9AM 1 min

Toename in gesondheid-opleidingsentrums onder die loep

Konsultasies met belanghebbendes oor die mosie om die ongekontroleerde toename in opleidingsentrums in gesondheid, veral verpleging te ondersoek, vind by die parlement plaas. Die voorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor onderwys, jeug, burgerlike betrekkinge en gemeenskapsontwikkeling, Maralyn Mbakera, verduidelik watter aspekte alles ondersoek sal word.
3 Jul 8AM 1 min

MK-party het onrus teen migrante gesaai: ANC

Die ANC sê die MK-party se retoriek voor Dinsdag se protesoptogte teen ongedokumenteerde migrante, het onrus en verdeeldheid aangemoedig. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het aan die media gesê MK het anti-immigrante-sentiment aangevuur en beklemtoon dat immigrasiewette deur middel van protesoptogte of vergelding afgedwing moet word. Mbalula het…
3 Jul 8AM 1 min