Ten spyte van die voortdurende mens-dier-konflik wat boere in die Ohangwena-streek teister, het bewaringsbewustheid en sterker wetstoepassing gehelp om groot wildlewe-misdade in 2025 te voorkom. Tydens haar streeksrede het goewerneur Kadiva Hamutumwa gesê dat geraakte boere meer as 106 000 Namibiese dollar in vergoeding ontvang het deur die Selfonderhoudskema. Sy…
Rugby: Die verdedigende kampioen, Suid-Afrika, is steeds op die wenpad op die Junior Wêreldkampioenskap na hulle die gasheer, Georgië, 33-5 verslaan het in Tbilisi. Siphosethu Mnebelele het twee van die Junior Springbokke se vyf drieë gedruk. Argentinië, Australië, Engeland, Frankryk, Nieu-Seeland en Wallis het ook oorwinnings behaal in die tweede…
Duisende Namibiërs wat aanlyn werk soek en aansoek doen, word geraak deur sporadiese ontwrigtings op die Namibië Geïntegreerde Werkinligtingstelsel, NIEIS. Die lynministerie sê die uitdagings is die gevolg van buitengewoon hoë aanvraag op die digitale werkportaal, veral wanneer vakatures geadverteer word. Ministeriewoordvoerder Maria Hedimbi verseker die publiek dat dringende tegniese…
Meer inligting is bekend oor president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsbesoek aan China. Terwyl die name van alle lede van haar afvaardiging nie bekendgemaak is nie, sê die Namibiese Groenwaterstofprogram dat die hernubare energie-bedryf onder die loep sal kom. Die program se woordvoerder, Jona Musheko, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die groei in huislenings aan huishoudings was in Mei vir die tweede agtereenvolgende maand net 1,9 persent. Die totale leningsboek staan op 46,7 miljard Namibiese dollar, 'n toename van 42,4 miljoen dollar maand-tot-maand. Volgens Simonis Storm se privaatsektor kredietverlening-verslag, verwag hulle steeds dat die groei in huislenings aan huishoudings teen…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.