Cachalia se teenbende-optrede het misluk, sê DA

Loading player...
Die DA sê waarnemende polisieminister Firoz Cachalia se anti-bendestrategie het misluk, nadat hy erken het geen bendes is tydens die eerste fase van Operasie Prosper ontmantel nie. Volgens die party word gemeenskappe op die Kaapse Vlakte steeds daagliks aan bendegeweld onderwerp ondanks die ontplooiing van polisie en soldate. Lisa Schickerling van die DA doen 'n beroep op intelligensie-geleide polisiëring, sterker speurwerk en spesialisvervolgings wat bendeleiers teiken:
4 Jul 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Haaie werk nog aan skrum, sê stut Du Toit

Rugby: Die Haaie-stut Thomas du Toit sê die span is vol vertroue voor Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-kragmeting met Munster in Limerick, Ierland. Die Durbanse span het sokkies opgetrek na hul nederlaag van 39-22 teen die Stormers en oorwinnings behaal oor Lyon in die Uitdaagbeker en Cardiff in die VRK. Die…
29 Oct 11AM 1 min

Integreer vroeë-kinderontwikkeling nóú in skole: IPC

Die IPC eis die volle implementering van Artikel 14 van die Wet op Basiese Onderwys, wat voorsiening maak vir die integrasie van vroeë-kinderontwikkeling in die onderwysstelsel. Die IPC se skadu-onderwysminister, Bertha Nghifikwa, het vanmiddag in die parlement aangedring op beleide en hulpbronne om jong kinders te ondersteun. Dit kom terwyl…
29 Oct 11AM 1 min

Fishrot-saak weer sonder toegewyde regter

Waarnemende regter Marelize du Plessis is nie meer by die Fishrot-saak betrokke nie. Die saak sal voortaan deur regters bestuur word wat deur die Regter-president aangestel is, totdat dit gereed is vir verhoor. Regter Eileen Rakow het in Oktober verrigtinge behartig en sal na verwagting op 11 November ’n tussentydse…
29 Oct 10AM 1 min

Konstruksiebedryf hoop op konstruksieraad-stigting

Die konstruksiebedryf is versigtig optimisties dat die langverwagte Wetsontwerp op Konstruksiebedrywe uiteindelik aan die Kabinet se wetgewingskomitee voorgelê sal word. Bärbel Kirchner, uitvoerende hoof van die Konstruksie industrie-federasie van Namibië, verwelkom die vordering, maar sê dekades se beloftes moet nou in dade omgesit word. Sy sê die wetsontwerp moet aan…
29 Oct 10AM 1 min