
NWR moet sokkies optrek, berispe kenner
Loading player...
Die kabinet het in Mei vir Margareth Gustavo vir twee jaar as die interim besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts aangestel, en het terselftertyd 'n strategiese plan saam met NWR se bestuur geloods. Die plan het ten doel om die operasionele doeleindes van die semi-staatsinstelling te verbeter. NWR het al erg onder kritiek deurgeloop oor hulle operasionele bedrywighede. Een van die kritici is dr. Chris Brown stigter van die Kamer van die Omgewing, wat met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het.

