
Mielie-oes: Namibië sukkel met groot bergingstekort
Loading player...
Namibië se geprojekteerde mielie-oes van meer as 120 000 ton ontbloot 'n groot bergingstekort, met die land wat net meer as 50 000 ton kan stoor. Bedryfsleiers waarsku dat die gaping aansienlike druk op boere, meulenaars en die breër landbousektor kan plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die Namibiese Akkerbouraad en uitvoerende hoof van Bokomo Namibië, Hubertus Hamm gesels, wat sê die aanspreek van die situasie is 'n kollektiewe verantwoordelikheid.

