Aussie-vroue vat T20

Loading player...
Australië het Engeland op Lord’s met sewe paaltjies verslaan en hul rekord met ʼn sewende T20 Wêreldbeker-titel vir vroue verbeter. Engeland se kaptein, Nat Sciver-Brunt, het ʼn onoorwonne 58 van 53 balle behaal en die gashere se telling na hul 20 boulbeurte was 150 vir vier. Daarna het Beth Mooney skitterend gekolf en 64 van 49 balle aangeteken. Australië het die teiken van 151 gehaal met 17 balle oor. Die Australiese kaptein, Sophie Molineux, sê sy is trots op dit wat hulle bereik het:
6 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

GRN is verbind tot ruimtewetenskap

Terwyl Namibië die Konsep Nasionale Ruimtewetenskap- en Tegnologiewetsontwerp bekendstel, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah die China opsporings-, telemetrie- en bevelstasie in Swakopmund besoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die adjunk uitvoerende direkteur vir Hoër Onderwys, dr. Lisho Mundia gepraat, wat sê die besoek beklemtoon die regering se toewyding aan die ontwikkeling…
6 Jul 2AM 1 min

Owettige drankvervaardigers in die Wes-Kaap onder die loep

Die UDM in die Wes-Kaap sê die optrede teen onwettige alkoholvervaardiging en die inhegtenisneming van vyf verdagtes in Gugulethu lê 'n groter onwettige en nagemaakte alkoholkrisis in die provinsie bloot. Die UDM-voorsitter, Bulelwa Zondeka, sê onwettige en nagemaakte alkohol ondermyn wettige handelaars en voed 'n wyer alkohol-ekonomie wat reeds ernstige…
6 Jul 2AM 1 min

Dagga-uitspraak vandag verwag

Uitspraak in die Grondwetlike saak van Brian Jaftha en Borro Ndungula om daggaverbruik in die land te wettig, word vanoggend om negeuur verwag. Die saak word deur 'n volle regbank, met regters Dinnah Usiku, Claudia Claasen en Philanda Christiaan aangehoor. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndungula gepraat. Hy sê hulle…
6 Jul 1AM 1 min

Alle paaie lei na Uis vir die BBU

Die tyd raak min voor die RMB Brandberg Backyard Ultra 2026 op 18 Julie buite Uis sal plaasvind, en die organiseerders is opgewonde. Al die kategorieë is vol ingeskryf en organiseerders moes selfs die inskrywings beperk. Kosmos 94.1 Nuus het met organiseerder Riana Scholtz gesels.
6 Jul 1AM 1 min

Nam se robbe steeds gesond

CapeNature het die publiek aangemoedig om waaksaam te bly, aangesien voëlgriep steeds seevoëls en ander wilde voëls langs die Wes-Kaapse kus aantas. Volgens Namibia Ocean Conservation het Namibië nog geen gevalle van voëlgriep aangemeld teen die kus nie. Naudé Dreyer van Namibia Ocean Conservation verduidelik:
6 Jul 1AM 1 min