
Beleid oor kernenergie in wording: NNN
Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het bevestig dat Namibië besig is om 'n beleid oor kernenergie op te stel wat deur wetgewing ondersteun word, terwyl die regering daarna streef om die land se uraanrykdom in elektrisiteit om te skakel. Sy het gepraat na 'n besoek aan die fasiliteite van die China General Nuclear Power Corporation in die Chinese provinsie Guangdong, waar die Namibiese afvaardiging eerstehandse insig gekry het in hoe uraan verwerk word vir die opwekking van kernenergie.

